WIE IS ONS?

Die konsultasie-besigheid het in 2012 begin onder die vaandel van “Skeerpoort Pekans”. Op daardie stadium was alle pekanneut-verwante besigheid, insluitend pekanneute wat op die Bos-en-Berg plaas geproduseer is, onder die naam “Skeerpoort Pekans” bemark. Hierdie been van die besigheid het egter ook sterk gegroei en vandag is “Skeerpoort Pekans” eintlik ‘n versamelnaam vir pekanneute wat in die Skeerpoort vallei geproduseer word (sien www.skeerpoort.co.za).

Konsultasies was aanvanklik slegs op plaasevaluasies gefokus.

PIKSA is in April 2019 gestig nadat die behoefte vir uitgebreide, spesialisdienste geidentifiseer is. Daarom is Helen (waterregte spesialis) en Dr. Hendrik (grondkunde spesialis) gewerf om aan te sluit by die span. PIKSA is nou gerat, en getoets, om dienste in verband met pekanboord beplanning, pekanboord vestiging en boordbestuursprogramme te lewer. Voornemende, en bestaande, pekanboere word uitgenooi om van hierdie dienste gebruik te maak.

Hanru Pienaar

Hanru het ‘n honneurs graad in Inligtingbestuur verwerf aan die Universiteit van Pretoria toe die pekanbedryf nog maar jonk was in SA. Hanru het sy studies goed aangewend in sy beroep as besigheidsanalis en later projekbestuurder in die korporatiewe finansiële sektor van SA. Hierdie agtergrond kom nou handig te pas in sy loopbaan in die pekanbedryf. Wat begin het as ‘n aanvullende inkomste toe sy eie boorde nog jonk was, het nou ‘n voltydse beroep geword. Hoogtepunte sedert 2009 sluit in:

  • Direkteur op die SAPPA-Raad vir agt jaar;
  • Aanbied van twee SAPPA jaarvergaderings & simposiums;
  • Suksesvolle implementering van vyf pekanprojekte op totaal van 75 hektaar;
  • Kursusleier van die SAPPA-Nuwe Toetreders Kursus in 2017;
  • Speel beslissende rol in ‘n suksesvolle brandskade-eis in 2017;

Helen Booysen

Waterbestuur weeg die swaarste van al die produksiefaktore tydens die kliniese toets van die plaasevaluasie. Dit is ‘n komplekse, lang proses en geniet heel eerste aandag wanneer die pekanboord beplanningsfase begin. Daarom was dit voor die hand liggend om ‘n spesialis by die PIKSA span te betrek. Helen het uitgebreide kennis en ervaring in alle aspekte rakende waterregte kwessies. Sy het goeie verhoudinge met die Departement van Waterwese en Sanitasie en baie kontakte opgebou met ander rolspelers in die georganiseerde waterbestuursbedryf. Sy ken die relevante stelsels en prosesse goed en kan dikwels ‘n vinnige aanduiding van die waterregte status van ‘n betrokke plaas gee.

Dr. Hendrik Smith

Hendrik se kundighed en ervaring as grondkundige is ontwikkel tydens sy dienstydperk van 20 jaar by die Navorsings-Instituut vir Grond Klimaat en Water van die Landbounavorsingsraad waar hy die hoof van die afdeling Grond en Waternavorsing vir ‘n aantal jare was. Hy was daarna ook betrokke by die Departement Plantproduksie en Grondkunde by Tukkies op kontrak vir vier jaar. In 2008 tree hy op as subkontrakteur vir Terrasoil, ‘n onafhanklike grondkunde maatskappy. Hy begin in 2009 voltyds by Digby Wells Environmental as grondkundige in terme van omgewingsimpakstudies waar die klem op grondkartering was. Tans is hy betrokke by Faktor2 Grondkundiges as onafhanklike grondkundige, gefokus op grondgesondheid, en misstof aanbevelings.

Verwysings:

We have been privileged to work with Mr. Hanru Pienaar over the last two years. He is not only the chairman of our district but is an advisor for plantations as a whole and specifically in our case advise on the value of our pecan farm.

Unfortunately we lost 362 trees as a result of fire in 2012. The fire was a direct result of negligence and the attorneys handling the claim required an accurate estimation of the financial losses. They suggested a loss adjuster with agricultural experience.

It became quite clear with the passage of time that the loss adjuster had undervalued the orchard. The importance of having someone with the knowledge of orchard production; the status of the orchard potential and the monetary value cannot be underestimated.

With this in mind we contacted Mr. Hanru Pienaar, after consulting with SAPPA, who gave the problem his undivided attention. He visited the site, took copious notes on the layout of the orchard including the irrigation systems and soil nutrition and within days compiled a report indicating the true value of our loss. Suffice to say that his estimation differed from the loss adjusted by over 1 million rand.

He was quite happy to appear in the high court at the hearing of the case (Case No. 71017/2012, Gauteng Division, Pretoria) and as time elapsed he met with the opposing attorney’s expert witness. It became apparent that his experience as a pecan farmer was invaluable in the discussion that took place and his first hand knowledge far outstripped the understanding of the opposing expert witness.

Hanru is dedicated to the promotion of the Pecan industry and has a far reaching knowledge, ranging from the planting and establishment of orchards to the detailed market value of the crop. We are indeed fortunate to have contact and affiliation with SAPPA and in particular with Hanru.

…Die goeie nuus my opbrengs het verdubbel so ek hoop dit gebeur weer hierdie jaar…

Kontak ons gerus met ‘n navraag!