PEKANBOORD VESTIGING

Piksa se beleid is om van plaaslike verskaffers gebruik te maak om die koste so laag as moontlik vir die kliënt te hou.

1.

Indien ontbosting gedoen moet word in ‘n ekologies-sensitiewe area, bv. bosveld, moet ‘n ontbostingpermit verkry word. Die beste manier om die ontbosting te doen is met ‘n “Bulldozer” (D8/D9) omrede die grond ook terselfdertyd gerip kan word.

2.

Na die rowwe skoonmaak- en losmaakwerk van die grond word die grond gedis en liggies gelykgemaak sodat kunsmisstrooiers kan inbeweeg. Na aanleiding van die aanbeveling uit die grondontledings, wat tydens die beplanningsfase gedoen is, word grondregstellings nou gedoen.

3.

Die kunsmis word ingewerk en nou word die terrein deeglik gelykgemaak met ‘n stootskraper. Die Boorduitleg word gebruik om gate uit te pen. Piksa het toegang tot ‘n groot bron van rivierriet en bamboes en gewoonlik word dit as merkers gebruik.

4.

Plantgate word met ‘n grondboor gemaak.
Die pomp, hooflyne en hidrante van die besproeiingstelsel word geinstalleer, sodat daar water vir die plantproses is.

5.

Pekanboompies word in ontvangs geneem – getalle word nagegaan en kwaliteit beheer word toegepas aan die hand van die “SAPPA – Riglyne, klassifikasie en standaarde vir pekanneut kwekerybome” handleiding.
Nou kan die plantproses begin!
EK STEL BELANG IN ‘N KWOTASIE